
“Alhoewel die Kalahari Vasbyt Educational Organisation na die bes moontlike verhouding met al ons skole streef, is geen skool betrokke by die aanbieding van die kursus nie en neem geen skool verantwoordelikheid vir enige iets wat op die Vasbyt mag gebeur nie”
DIE VASBYT VISIE, MISSIE EN BEGINSELS
Visie
Ons is manne en meisies sonder gelyke.
Vasbyt missie.
Ons raak manne en meisies sonder gelyke deur fisiese, geestelike,emosionele en kulturele grense te verskuif, deur ons lewens op Christelike beginsels te skoei en leierskap na te streef en te ontwikkel deur te leer en te die.
Die Vasbyt beginsels.
· Vasbyters dien die gemeenskappe waarin hulle hulself bevind
· Vasbyters tree met respek en agting op teenoor vriende, ouers, landgenote en teenstanders. Hulle is trots op hul goeie maniere, en streef dit ten alle tye na.
· Vasbyters vloek nie. Ons is trots op ons taalgebruik.
· Vasbyters is altyd sober.
· Vasbyters respekteer ander se opinies, geslag, seksuele orienteering, godsdiens en ras as gelyke.
· Vasbyters is nooit tevrede met gemiddelde prestasies nie. Vasbyters is positiewe denkers en wenners.
· Vasbyters dink en praat nie net nie, maar word geken aan hulle aksies.
· Vasbyters aanvaar dat hulle terugslae gaan kry. Terugslae is net geleenthede om met meer toewyding en vasberadenheid voor te begin of aan te gaan.
· Vasbyters is voorbereid om in ʼn groep saam te werk terwyl hulle nooit hul individualiteit prysgee nie.
· Vasbyters is fisies, geestelik en emosioneel sterk en fiks.
· Vasbyter weet dat kennis belangrik is en werk aktief om soveel as moontlik te weet oor alles moontlik.
· Vasbyters is lojaal aan hulle landgenote, gemeenskappe, vriende, ouers en lewensmaats.