(Media 24, Die Burger, Beeld of Volksblad is nie betrokke by die toer nie) | Navrae

Vasbyt Logo


KALAHARI VASBYT MEISIES 2026

PROGRAM VIR 2026

BESPREEK NOU >> VIR MANNE


Tel: +27 (0) 21 855 0395

Program vir die Kalahari Vasbyt Meisies 2026

In 27 November tot 29 November Klein Kariba: Ons land teen 11 vm. in Johannesburg en gaan hiervandaan na Klein Kariba buite Bela Bela of Warmbad. Hier kry ons onsself die groot avontuur wat wag.

In 29 November tot 1 Desember Khama Rhino Sanctuary: Hier kan ons dit amper waarborg dat jy minstens renosters gaan sien, maar hoogs waarskynlik ook ʼn klomp ander wild. Ons bly 2 nagte in ons tente. Ons leer basiese voertuig onderhoud en selfs om ʼn voertuig te bestuur. Dit is als vaardighede wat jy nog baie gaan nodig kry op hierdie kursus.

 

 

In 1 Desember tot 2 Desember Maun: Ons slaap net buite Maun in Botswana. Dalk is hier wifi kontak en boonop sal ons, ons voorrade aanvul vir die res van die avontuur. Maun is ʼn redelike groot dorp op die Suidelike punt van die Okavango Delta.

In 3 Desember tot 5 Desember: Khwai-rivier, Moremi: Hier is ons binne die Okavango Delta. Khwai is my gunsteling kamp plek in die Okavango Delta en daarom bly ons twee nagte hier. Julle gaan baie diere sien en ook die voorreg beleef om tussen hulle te slaap.

 


In 5 Desember tot 7 Desember - Savuti: Nêrens in Suider-Afrika is daar meer leeus as juis by Savuti nie. Julle gaan baie geleentheid kry om net in die veld rond te beweeg en ook om die natuur op julle eie te verken. Savuti is binne die Chobe Nasionale Park.


In 7 Desember tot 9 Desember - Chobe: Ons bly net buite die Chobe Nasionale Park aan die Westekant van die park en langs die rivier. Hier gaan ons onder andere ons roetemars doen. Die roetemars is moordend, maar ook die hoogtepunt van die Okavango-Vasbyt.

 

 

In 09 tot 11 Desember Victoria Falls: Victoria Waterval. Vandag loop ons ‘n bietjie in die dorp rond. Op die 10 Desember doen ons White Water Rafting. Een van die lekkerste en beste avonture waaraan ‘n mens kan dink.

 

Op 11 Desember Ons besoek ook Monde primêre skool, baie naby die lughawe. Dit is die skool waar die ou Vasbyters sorg dat elke kind elke dag ‘n ete kry. Vanjaar gaan ons ook saam met die kinders eet, soos wat die seuns al lankal doen. Dit behoort ‘n besonderse belewenis te wees.

 

12 Desember:   moet ons huis toe gaan, maar nie voordat ons by die brug af gespring het nie.